Langer Heinrich berei voor vir eerste produksie in ’24 - November 29, 2022

Die eerste produksie by Langer Heinrich-myn word beplan vir die eerste kwartaal van 2024. Volgens die hoofbestuurder by die myn, Johan Roux, is daar reeds verskeie projekte van stapel gestuur om die myn terug te plaas in produksie, insluitend die gebruik van nuwe tegnologie. Die Australiese Paladin Energy, wat Langer Heinrich besit, het onlangs aangekondig […]

Read More

Itula, Nujoma is jarelange vriende, daarom sy aanmerkings - November 29, 2022

Reaksie word ontvang op berigte dat die leier van die IPC, Panduleni Itula aan stigterspresident Sam Nujoma gesê het hy moet sy eersgeborene opgee en aansluit by die IPC-party. Itula het die aanmerkings oor die naweek gemaak. Volgens die party se woordvoerder, Imms Nashinge is die twee, Nujoma en Itula reeds jarelank baie goeie vriende […]

Read More

Cossasa: Komitee aangestel om Duiker te ondersoek - November 29, 2022

Die raadsvoorsitter van die Namibiese Skolesportunie, Theo Nuugula, sê die unie het ‘n onafhanklike komitee aangestel om volledig ondersoek in te stel en met aanbevelings vorendag te kom oor die lot van die geskorste nasionale koördineerder Solly Duiker. Duiker is verlede maand geskors nadat hy ‘n afvaardiging van meer as 260 atlete na Potchefstroom, Suid-Afrika, gelei het om aan die Cossasa-spele […]

Read More

ActionSA sê dis onmoontlik dat Umhlanga se strande oopgemaak kan word - November 29, 2022

ActionSA in KwaZulu-Natal is diep besorg omdat die eThekwini-munisipaliteit, en veral burgemeester MxolisiKaunda, voortgaan om die publiek te mislei oor die ware situasie by die Ohlanga-rioolpompstasie en die hoeveelheid riool wat steeds die Ohlanga- rivier binnevloei. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Zwakele Mncwango, sê volgens die hoeveelheid riool wat steeds die Ohlanga- en Umgeni-rivier binnevloei, is […]

Read More

Swapo tel weer stemme vir sentrale komitee - November 29, 2022

Swapo gaan volgens wat berig word, die stemme vir sy sentrale komitee weer tel. Dit is aangekondig deur die party se nasionale verkiesingswoordvoerder, Audrin Mathe, wat bygevoeg het dat daar kommer is oor die uitslag. Hy het geen besonderhede in die verband verskaf nie. Talle bekende en hooggeplaaste partylede, onder andere die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, […]

Read More

Redforce vorder steeds skuld in vir Rundu - November 29, 2022

Die Rundu-dorpsraad sê berigte dat hy nie langer die dienste van RedForce Debt Collection gebruik nie, is verkeerd. Daar was onlangs in plaaslike media berig dat die dorpsraad sy kontrak sou beëindig wat ook kommer wek dat inwoners nie hul rekenings sal betaal nie. Die hoof uitvoerende beampte Olavi Nathanael sê die kontrak is steeds […]

Read More

Kariba Suid sal nie meer kragopwek die jaar nie - November 29, 2022

Zimbabwe se langdurige kragtekorte gaan na verwagting vererger nadat die Zambezi-rivierowerheid, wat Suider-Afrika se grootste dam bestuur, die opskorting van elektrisiteit by sy hoof hidro-aanleg beveel het weens watertekorte. Die owerheid het aan die Zimbabwe Power Company geskryf en sê dat die Kariba Suid-kragstasie meer as sy 2022-watertoewysing gebruik het en dat die Karibadam se […]

Read More

One Love: Skande dat Fifa sommer net so ingegee het - November 29, 2022

Die sogenaamde One Love-armbande bly in die nuus. Veral Engeland se spelers wou die armbande, wat die LGBT-gemeenskap ondersteun, tydens hul wedstryde dra. Regte vir die gemeenskap bestaan nie in Katar nie en Fifa het toe opdrag gegee dat geen sokkerspeler dit mag dra nie. Jon Ashworth, die Britse skaduminister vir werke, sê dis skandelik […]

Read More

Ses polisiebeamptes verskyn op Musina op klagte van sigaretsmokkelary - November 29, 2022

Die Musina-landdroshof in Limpopo het die saak teen ses polisiebeamptes uitgestel wat beskuldig word dat hulle sigaretsindikate gehelp het om hulle produkte na Suid-Afrika te smokkel. Die beamptes was na die Beitbrug-grenspos ontplooi. Daar het hulle in ruil vir omkoopgeld ‘n veilige deurgang gebied vir smokkelaars om die land met onwettige sigarette binne te kom. […]

Read More

Kwalifikasie-rade looi Unam oor kursusse, sê dis nie geakkrediteerd nie - November 29, 2022

Die Nasionale Raad vir Hoëronderwys en die Namibiese Kwalifikasie-owerheid het Unam daarvan beskuldig dat hy kursusse wat nie geakkrediteer is nie, bemark. Die twee instansies het ‘n skrywe aan die vise-kanselier professor Kenneth Matengu gerig en sê nie een van die nuwe of aangepaste programme is by een van hulle geregistreer nie. Daar word beaam […]

Read More