Elma Dienda vaar in NV uit oor onderhoude van verkiesingskomissarisse

Die amptelike opposisieparty die Popular Democratic Movement se parlementslid, Elma Dienda, het vandag in die Nasionale Vergadering uitgevaar oor die onderhoude wat met die aanstelling van verkiesingskommissarisse gevoer is. Sy het spesifiek ‘n probleem met een se CV wat aandui dat die aansoeker bande met die Swapo-party het.