Kamer van Mynwese hou algemene jaarvergadering

Tydens die algemene jaarvergadering van die Namibiese Kamer van Mynwese, het die president van die kamer, Hilifa Mbako, verslag gegee van die mynboubedryf se prestasie tydens die baie moeilike jaar van Covid-inperkings. Mbako gee ‘n oorsig van die herstel van ekonomiese aktiwiteite wat deur inperkings bedreig is.