Namibiese Werkgewersfederasie bekommerd oor FIMA

Die Namibiese Werkgewersfederasie het namens sy lede en alle werkgewers in Namibië, sy ernstige kommer oor die Wet op Finansiële Instellings en Markte, FIMA uitspreek. Die omstrede wetgewing, wat op 1 Oktober vanjaar in werking tree, bepaal dat 75 persent van pensioenfondse nie opgeëis kan word voor die aftree-ouderdom van 55 jaar nie. Altesaam 70 persent van die federasie se lede stem nie saam oor dié pensioenregulasies nie. Die sekretaris-generaal van die werkgewersfederasie, Daan Strauss is aan die woord