Bank Windhoek borg WorldSkill Africa Swakopmund met N$1 miljoen

Bank Windhoek borg een miljoen Namibiese dollar vir WorldSkills Africa Swakopmund 2022 se vaardigheidskompetisie wat vanaf 28 Maart tot 2 April plaasvind. Die Namibiese Opleidingsowerheid se finansiële bestuurde, Uahoroka Kauta, sê dit sal Namibië se tegniese en beroepsopleidingsektor help om die jeug te ondersteun om vaardighede op te skerp in die arbeidsmag en digitale ekonomie.

Read More

Gautengse gesondheidsdepartement betaal nou eers mediese interns

Die Gautengse gesondheidsdepartement het bevestig 53 van die 56 mediese interns wat nog hul salarisse vir Januarie en Februarie moes ontvang, is vandag betaal. Die ander drie se aanstellingsprosesse is steeds aan die gang en onderhewig aan die afhandeling van administratiewe kwessies. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê daar is 429 mediese internposte wat […]

Read More

SA Depressie en Angsgroep sê studente moet meer ondersteun word

Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep sê hy het ‘n behoefte identifiseer aan meer ondersteuningsgroepe vir studente. Woordvoerder Krystle Kemp sê die nuutgestigte portuur-steungroepe gaan op studente-kwessies fokus, waaronder depressie, eksamendruk en selfsorg. Sy sê hulle het reeds agt toegewese studente-hulplyne vir universiteite ingestel.

Read More

ANC se verkiesingskonferensie in Mpumalanga moontlik ontwrig

Die ANC se langverwagte verkiesingskonferensie in Mpumalanga kan moontlik ontwrig word. Woedende ANC-lede dreig om aansoek te doen om ‘n interdik teen die party se provinsiale konferensie. ‘n Senior ANC-lid in die provinsie, Peter Nyoni, het gesê behoorlike prosedures moet met die aanstelling van die provinsiale taakspan gevolg word, nadat die provinsiale uitvoerende komitee ontbind […]

Read More

Oekraïne kondig uitvoerlisensies aan vir landbou-produkte

Die Oekraïne het die instelling van uitvoerlisensies aangekondig vir sy sleutel-landbouprodukte, naamlik koring, mielies en sonneblom-olie. Volgens die nuusagentskap Interfax Ukraine, gaan handelaars ook ‘n lisensie nodig hê om pluimvee en eiers uit te voer. Oekraïne is onder die wêreld se voorste produsente en uitvoerders van graan en plantaardige olies. Die land het gister die […]

Read More

Een Covid-sterfte op Rundu aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte op Rundu aangemeld, asook 12 nuwe gevalle uit 778 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,5 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders, twee studente en een onderwyser. Daar is nou 2 333 aktiewe gevalle, waarvan 27 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 21,3 […]

Read More

Kruger-wildtuin bied Savanna Science Network-byeenkoms aan

Die Kruger-wildtuin kon weens die reisbeperkings nie ‘n vergadering vir belanghebbendes aanbied nie, maar kan nou weer eens wetenskaplikes, navorsers en bestuurders van regoor die wêreld verwelkom by die 19de Jaarlikse Savanna Science Network-byeenkoms. Die vergadering vind vanaf vandag plaas by die Nombolo Mdluli-konferensiesentrum in Skukuza. ‘n Woordvoerder sê hulle sal 155 afgevaardigdes ontvang wat […]

Read More

Uasa gee universiteite tot môre vir skrap van verpligte inentingsbeleid

Die Alliansie van Suid-Afrikaanse Universiteite of Uasa het openbare instellings vir hoër onderwys tot môre gegee om afstand te doen van hulle verpligte inentingsbeleid. Uasa sê hy is besig om regstappe te doen teen verskeie instellings oor wat hy noem ‘n “irrasionele, medies ongeregverdigde en onwettige” Covid-inentingsbeleid. Die alliansie, wat studente en personeel aan universiteite […]

Read More

Twitter se kantore heropen, maar werkers kan werk waar hulle wil

Twitter heropen sy kantore vandeesmaand, maar Parag Agrawal, die nuwe uitvoerende hoof, het werknemers meegedeel dat hulle nie verplig is om terug te keer kantoor toe nie. Hy sê hulle kan werk waar hulle die produktiefste en kreatiefste voel.

Read More

Jongste Namibiese parlementslid praat môre op Vrouedag by Dubai Ekspo

Internasionale Vrouedag word môre gevier en Namibië se jongste parlementslid, Patience Masua, gaan by die Dubai Ekspo by die Namibiese pawiljoen saam met jong vroulike leiers van Amerika, Nieu-Seeland, Verenigde Arabiese Emirate en Indonesië op die besprekingspaneel van ChangemakeHER wees. Masua gaan haar storie vertel as regsverteenwoordiger en parlementslid in haar stryd vir gelykheid en […]

Read More