Keiserpikkewyn kan binne 30 jaar uitsterf weens klimaatsverandering

‘n Studie in 2021 het getoon keiserpikkewyne kan binne 80 jaar uitsterf. Navorsing toon nou die keiserpikkewyn loop ’n ernstige risiko om in die volgende 30 tot 40 jaar uit te sterf as gevolg van klimaatsverandering, het ’n kenner van die Argentynse Antarktiese Instituut gewaarsku. Die keiser is die wêreld se grootste pikkewyn en een van slegs twee pikkewyn-spesies endemies aan Antarktika.