Hai//Om San bespreek voorvaderlike grondeienaarskap

Meer as 30 tradisionele leiers en gemeenskapslede van die Hai//Om San-gebiede van Outjo, Tsumeb, Otavi en Grootfontein is by ‘n tweedaagse konferensie op Otjiwarongo byeen om sake te bespreek wat met voorvaderlike grondeienaarskap verband hou. Tradisionele leier, Gaob Willem /Aib van Outjo, het gesê dat kwessies van voorvaderlike grondeise en grondregte die regering se aandag benodig, aangesien sommige gemeenskappe soos die Hai//Om San nie enige kommunale grond het waar hulle hulself kan vestig nie. Hy bevraagteken waarom die Hai//Om San steeds sedert Onafhanklikheid nog geen kommunale grond in Namibië het nie.