Toename in ontvoerings in SA is kommerwekkend

Die teenmisdaad-akitivis Ysuf Abramjee sê die toename in ontvoerings in Suid-Afrika is kommerwekkend. Volgens misdaadstatistiek wat in Februarie bekend gemaak is, is meer as 2 000 ontvoerings tussen 1 Oktober en 31 Desember verlede jaar aangemeld. Abramjee sê daar was ‘n aansienlike styging in ontvoerings die afgelope twee tot drie jaar waar lospryse geëis word. Hy voeg by buitelandse winkeleienaars word ook geteiken.