Beroep op Aspen om enstof-aanleg in bedryf te hou

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het ‘n beroep op die farmaseutiese groep Aspen Pharmacare gedoen om die Covid-entstof-aanleg in die Oos-Kaap aan die gang te hou. Aspen het onlangs aangekondig die aanleg kan verplig word om te sluit omdat hy geen bestellings ontvang het nie. Die farmaseutiese maatskappy het ‘n ooreenkoms met Johnson en Johnson gesluit vir die verpakking en verkoop van entstowwe onder sy eie handelsmerk, Aspenovax, in Afrika. ‘n Woordvoerder van die departement van gesondheid, Foster Mohale, hoop Aspen sal sy besluit heroorweeg, met die verwagte vyfde vlaag wat op ons is.