Twee sterf, 60 in puin begrawe ná Russiese bom-aanval op skool

Rusland se bom-aanval op ‘n skool in die Oos-Oekraïnse dorpie Bilohorivka het twee mense se lewens geëis en sewe is beseer, het die goewerneur van die Luhansk-streek vandag gesê. Goewerneur Serhiy Gaidai het gesê Russiese magte het Saterdagmiddag ‘n bom op die skool gegooi waar sowat 90 mense geskuil het, wat ‘n brand veroorsaak het wat die gebou verswelg het. Reddingswerkers het 30 mense uit die puin gered, maar sowat 60 mense het waarskynlik onder die puin van geboue gesterf.