Spaanse tiener té goed vir Nadal en Djokovic

Tennis: Die Spaanse tiener Carlos Alcaraz het twee van die wêreld se beste spelers geklop. Vrydag het hy sy held Rafael Nadal by die Madrid Ope ore aangesit. Gisteraand het die 19-jarige die wêreld se nommer-een, Novak Djokovic, met 6-7, 7-5, 7-6 uitoorlê om die eindstryd te haal. Alcaraz is die eerste speler wat Nadal en Djokovic by dieselfde kleibaan-toernooi uitgeskakel het. Vanaand gaan hy sake om die titel uitspook met die verdedigende kampioen Alexander Zverev. Die Duitser het Stefanos Tsitsipas van Griekeland in die ander halfeindstryd met 6-4, 3-6, 6-2 geklop.