Swapo-lede van Grootfontein wil hul eie burgemeester verwyder

Sommige Swapo party-lede van Grootfontein eis die verwydering van hul burgemeester, Thalita Garises. Sowat 100 ontevrede lede het ‘n petisie aan Swapo se distrikskoördineerder van Grootfontein, John Haimbondi, oorhandig wat dit weer aan die relevante party-strukture sal oorhandig. In die petisie beskuldig lede Garises daarvan dat sy met plaaslike raadslede van die opposisieparty saamwerk. Hulle blameer haar ook vir die swak toestand van Grootfontein se paaie, omdat sy na bewering die skorsing van die uitvoerende hoof, Kisco Sinvula, ondersteun.