Four Deserts Race warmste ultramarathon ooit weens Oosweer

Die moordende ultramarathon, Racing the Planet se Four Deserts Namib Race, het ná sewe dae en 250 kilometer by die Skedeldkus tot ‘n einde gekom. Deelnemers was oorweldig deur die warmste marathon ooit weens die Oosweer aan die kus. Die wenners is  Reinhold Hugo van Switserland en Victoria Connelly van die Verenigde Koninkryk. Die naaswenners is  Terumichi Morishita van Japan en Anim Swart van die VSA, met David Dano van Israel en Carole Kops van Luxemburg in die derde plek.