Sinn Fein behaal eerste verkiesingsoorwinning in Noord-Ierland

Sinn Fein, die voormalige politieke vleuel van die Ierse Republikeinse Leër, het sy eerste verkiesingsoorwinning in Noord-Ierland se geskiedenis behaal. Sinn Fein, wat daarna streef om Noord-Ierland van Britse bewind te verwyder om ‘n verenigde Ierland te skep, het die grootste getal setels in die Belfast-wetgewer gewen. Michelle O’Neill van Sinn Fein sê Noord-Ierland betree ‘n nuwe era. Die Skotse eerste minister, Nicola Sturgeon, wat ook ‘n veldtog lei om van die Verenigde Koninkryk af te stig, was van die eerstes wat Sinn Fein gelukgewens het.