Wysigingswetsontwerp op Gas gaan lei tot groot boetes

Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor minerale bronne en energie het sy openbare deelnameproses oor die Wysingingswetsontwerp op Gas van 2001 in Lephalale, Limpopo, voltooi. Die voorsitter van die komitee, Sahlulele Luzipho, sê die wysiging sal nakoming verseker deur die oplegging van ‘n boete van twee miljoen rand op diegene wat die regulasies oortree. Luzipho […]

Read More

Suid-Afrikaners met landwye beurtkrag verras

Ná ‘n paar weke van warm weer en geen kragonderbrekings moes Suid-Afrikaners vandag vinnig planne beraam om hulself teen beurtkrag, wat vanmiddag skielik om vyf-uur ingestel is, te staal. Eskom het vroeër vanmiddag aangekondig dat fase 2 beurtkrag landwyd om vyf-uur inskop. Dit, nadat verskeie krag-opwekkingseenhede oor die naweek en vroeër vandag onklaar geraak het. […]

Read More

Namibiese damme is tans gesamentlik 84,4% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 84,4 persent vol. Die Naudtedam is die enigste dam wat invloei van 1,762 miljoen kubieke meter gehad het, en is tans 102,9 persent vol. Ook in die Suide is die Neckartaldam 99,8 persent vol en die Hardapdam staan op 72,2 persent vol. In die sentrale streek is die Swakoppoortdam 96,9 […]

Read More

Biden beraadslaag met Frankryk, Duitsland, Brittanje oor konflik

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sal na verwagting vandag ‘n video-telekonferensie hou met die leiers van Frankryk, Duitsland en Brittanje om die jongste verwikkelinge in Rusland en Oekraïne te bespreek. Rusland se hoofonderhandelaar in die samesprekings tussen Moskou en Kiëf beskuldig Oekraïne daarvan dat hy humanitêre deurgange ontoeganklik maak vir burgerlikes wat van naderende Russiese […]

Read More

ANC se verkiesingskonferensie in Mpumalanga uitgestel

Die ANC se verkiesingskonferensie in Mpumalanga wat vir die naweek beplan is, is uitgestel weens geskille in die provinsie. ANC-president Cyril Ramaphosa het die provinsie vandag besoek om te verseker daar is ‘n gladde oorgang van leierskap. Die party se nasionale werkskomitee het verlede week die provinsiale leierskapstruktuur ontbind, insluitend die provinsiale uitvoerende komitee. ‘n […]

Read More

Eskom stel weer fase 2-beurtkrag in

Eskom het fase 2-beurtkrag vanaf 5-uur vanmiddag ingestel. Die onderbrekings is as gevolg van talle onderbrekings in opwekkingseenhede binne die afgelope 24-uur. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om te help om die uitwerking van beurtkrag te beperk deur minder krag te gebruik en alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

Read More

Namibiese regsverteenwoordiger sê dis reg dat Namibië buite stemming bly by VN

‘n Namibiese regsverteenwoordiger sê volgens Namibië seGrondwet is dit reg dat die Namibiese regering buite stemming gebly het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering oor die Russiese-Oekraïnse konfliksituasie. Hy het gereageer op Namibië wat een van die 35 lande was wat buite stemming gebly het toe die VN se Algemene Vergadering gestem het oor […]

Read More

Plaaslike ekonoom sê olieprys sal aanhou styg midde Russiese-Oekraïnse konflik

‘n Plaaslike ekonoom het gereageer op die olieprys wat vanoggend vanaf ongeveer 118 Amerikaanse dollar na tot net onder 130 dollar ‘n vat gestyg het. Verskeie ekonome voorspel dat die brandstofprys tot 40 Namibiese dollar of Suid-Afrikaanse rand kan styg. Ekonoom Cheryl Emvula sê aan Kosmos 94.1 Nuus die olieprys sal aanhou styg solank die […]

Read More

Charlotte Maxeke-hospitaal kan weer nie heropen weens diefstal

Die DA in Gauteng sê dit is baie ontstellend dat nog ‘n groot diefstal by die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal die heropening van die ongevalle-eenheid, wat vir volgende week Maandag beplan is, vertraag. Jack Bloom van die DA sê ten spyte van 40 miljoen rand wat per jaar aan hospitaalsekerheid bestee word, was daar diefstal van […]

Read More

Telecom Namibia bevestig diensonderbrekings

Telecom Namibia het bevestig dat diensonderbrekings ervaar word op mobiele data, SMS’e en die herlaai van koopbewyse. Telecom Namibia sê tegniese personeel is besig om te werk aan die probleem. Telecom Namibia vra verskoning vir die ongerief en hul interne kommunikasiebeampte, Tracy Garises, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More