Leiers van G7 bespreek vandag verdere sanksies teen Rusland

Die leiers van die G7-lande sal vandag met Oekraïnse President Volodymyr Zelensky ‘n videokonferensie hou om hul steun te bevestig en die moontlikheid van verdere sanksies teen Rusland te bespreek. Dit kom op die vooraand van Rusland se viering van sy jaarlikse Oorwinningsdag op 9 Mei. Dié vakansiedag word gewoonlik wyd oor Rusland gevier met onder meer militêre parades om die einde van die Tweede Wêreldoorlog te gedenk. Amerikaanse President Joe Biden het vroeër die week gesê Amerika is steeds oop vir gesprekke oor nog sanksies teen Rusland en dat hy van plan is om bykomende maatreëls teen Rusland met G7-lede te bespreek.