R8 miljard om pad- en spoornetwerk in KZN ná vloede te herstel

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister Fikile Mbalula sê dit sal meer as agt miljard rand kos om die pad- en spoornetwerk in KwaZulu-Natal na die verwoestende vloede te herstel. Mbalula het ‘n span van regeringsamptenare in eThekwini vergesel om die vordering met die herstel en herbouing van paaie te monitor. Hy sê die provinsie gaan slegs drie miljard rand van die nasionale regering ontvang.