Afrikaans op 8 Mei 1825 in parlement erken

Die datum 8 Mei 1925 is ‘n baie belangrik in die geskiedenis van Afrikaans. Op daardie dag is die Wet op die Amptelike Tale van Suid-Afrika, Wet nommer 8 van 1925, in die Unie-parlement aanvaar na senator CJ Langenhoven die wetsontwerp ter tafel gelê het. Daarvolgens is Afrikaans toe as amptelike taal van Suid-Afrika erken naas Engels, 50 jaar ná die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners.