Vierde T20 vandag tussen Zim en SA-A beslis

Krieket: SA-A het nou ‘n ontasbare voorsprong van 3-0 in hulle reeks van vyf T20-wedstryde teen ‘n Zimbabwe-elftal ná hulle oorwinning met 142 lopies in Harare. Die kaptein Heinrich Klaasen het die beste met die kolf gevaar en 56 lopies aangeteken. Junior Dala het drie paaltjies vir 12 lopies ingeoes. Suid-Afrika A het ‘n teiken van 185 lopies vir die Zimbabwe-span gestel, maar die gashere kon slegs met 42 vir nege antwoord want Wellington Masakadza kon nie kolf nie. Die vierde T20 word vandag beslis.