Wetsontwerp op toegang tot inligting moet dringend deurgevoer word

Inligting is deurslaggewend en belangrik vir elke lid van die samelewing. Dit is die taak van joernaliste om belangrike inligting en nuus aan die publiek te verskaf. In Namibië ervaar joernaliste dikwels dat lede van die publiek en selfs staatsamptenare joernaliste verbied om toegang tot inligting te kry of dit moeilik maak vir die media om toegang tot inligting te kry. Namibia Media Professionals Union of Namibia, bekend as Nampu, se sekretaris-generaal, Sakeus Ileka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering moet die wetsontwerp op toegang tot inligting as ‘n saak van dringendheid deurvoer.