Namib Mills skat mielie-oes op 80 000 ton

Dit is amper tyd dat mielieboere hul mielies begin oes. Ná die laat, maar goeie reënseisoen, word gehoop dat mielie-oeste goed gaan wees. Aanvanklik is voorspel dat meer as 100 000 ton mielies geoes sal word. Die uitvoerende hoof van Namib Mills, Ian Collard, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy verwag dat sowat 80 000 tot 90 000 ton mielies plaaslik geoes sal word.