Duur vliegtuigbrandstof kniehalter Nigeriese lugrederye

Nigeriese lugdienste sal bedrywighede van Maandag tot verdere kennisgewing staak weens die hoë koste van vliegtuigbrandstof, het die Vereniging van Lugredery-operateurs van Nigerië gesê. Binnelandse vlugte is sedert Maart ontwrig, aangesien sommige binnelandse vlugskedules begin kanselleer het, terwyl ander bedrywighede vertraag het, met verwysing na die skaarste aan vliegtuigbrandstof. Wêreldwye vliegtuigbrandstofpryse het die hoogte ingeskiet nadat Rusland se inval in die Oekraïne ‘n oplewing in die ru-oliemark veroorsaak het, wat lugrederye en passasiers met skerp kostestygings getref het.