Ferrari spring eerste weg by Miami Grand Prix

Motorsport: Charles Leclerc en sy spanmaat Carlos Sainz van Ferrari spring vandag in die voorste posisies by die eerste Miami Grand Prix weg. Die twee renjaers het die wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull in die finale rondte van die baan om die Hard Rock-stadion verbygesteek. Sergio Perez van Red Bull is vierde geplaas, voor Valtteri Bottas van Alfa Romeo en Lewis Hamilton van Mercedes.