Voorsien jou eie krag asb

‘n Energiekenner in Suid-Afrika sê verbruikers moet meer onafhanklik raak in hul elektrisiteitvoorsiening, want alles dui daarop dat nog kragonderbrekings op pad is ná gister se probleme by die Medupi-kragstasie. ‘n Woordvoerder van Hohm Energy, Ryan Steytler, sê gebrekkige onderhoud aan Eskom-stasies maak beurtkrag is ‘n werklikheid. Hy glo verbruikers kan nie net op munisipaliteite […]

Read More

Sou VSA Russiese olie verbied, sal 5 miljard vate daagliks uit produksie wees

‘n Ekonoom van Investec in Suid-Afrika, Tertia Jacobs, sê dat sou die VSA ‘n verbod op die aankoop van Russiese olie instel, sal dit baie ernstige gevolge hê vir die koste van vervoer. Sy meen dat so ‘n eensydige stap deur Amerika kan olie-produksie met omtrent 5 miljard vate per dag verminder:

Read More

Staatsbegrafnis-besteding onder die loep

Die Presidensie sê die ontslape voormalige kabinetsminister, Immanuel Ngatjizeko, sal ‘n staatsbegrafnis ontvang en hy sal ter ruste gelê word op ‘n plek wat sy familie toeken. Hy is Saterdag op die ouderdom van 69 oorlede. Intussen het die kantoor van die eerste minister berigte ontken dat hy oorbestee het op sy begroting vir staatsbegrafnisse […]

Read More

IUM-baas sê Oekraïnse studente kan plaaslik absorbeer word

Die meeste Namibiese studente wat in die Oekraïne studeer het, is veilig terug in die land. Dié studente moes hul studies weens die konfliksituasie in Oekraïne staak en sou graag met hul studies wil voortgaan – of op eie bodem of in die Oekraïne sodra die situasie weer na normaal terugkeer, wat moeilik is om […]

Read More

Klein herstel in SA in vierde kwartaal van ’21 na onluste

Kenners in die buurland voorspel ekonomiese bedrywighede sou in die vierde kwartaal van verlede jaar ‘n verbetering getoon het, ná die onrus in Gauteng en KwaZulu-Natal in Julie. Statistiek Suid-Afrika sal na verwagting inligting oor die vierde kwartaal se bruto binnelandse produk vrystel. Die data sal na verwagting ‘n herstel van 2 persent toon. Beleggingsekonoom […]

Read More

Oekraïnse sokkerspan kry uitstel vir wedstryd

Skotland en Oekraïne se kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryd, wat op 24 Maart in die Hampden-stadion sou plaasvind, is uitgestel. Oekraïne het Fifa om uitstel gevra nadat Rusland die land ingeval het. Die wenner van dié wedstryd sou op 29 Maart in ‘n finale uitspeelstryd teen Wallis of Oostenryk speel, maar dié wedstryd sal ook aangeskuif word. ‘n […]

Read More

Vroue is sentraal tot kultuur en kulturele praktyke

Die Verenigde Nasies herdenk vandag Internasionale Vrouedag. Die tema vir vanjaar is Geslagsgelykheid vir vandag vir ‘n volhoubare môre. Die jaar 2022 is belangrik om geslagsgelykheid te bereik in die konteks van klimaatsverandering en die vermindering van omgewings- en ramprisiko’s, wat van die grootste wêreldwye uitdagings in die 21ste eeu is. Sonder geslagsgelykheid is ‘n […]

Read More

Nuwe Kanadese sanksies teen Russe, Putin

Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, het nuwe sanksies teen tien individue aangekondig ná die Russiese inval in Oekraïne. Die lys sluit huidige en voormalige amptenare, oligarge en ondersteuners van Rusland se President Vladimir Putin in. Kanada het verlede week die amptelike status van Rusland en Belarus as voorkeur-handelsvennote herroep en ‘n nuwe tarief van […]

Read More

Kaapstad moet onafhanklik raak van Eskom

Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis sê dis nou selfs belangriker om voort te gaan met die stad se planne om onafhanklik van Eskom se kragvoorsiening te wees. Die land beleef tans fase 2-beurtkrag. Hill-Lewis sê hierdie beurtkrag volg nadat die Suid-Afrikasnse energiereguleerder verlede maand ‘n tariefverhoging van 9,61-persent aan Eskom toegestaan het. Hy sê die […]

Read More

67% wil verbod op plastieksakke in Namibië hê

Namibiërs het oor die algemeen kommer oor toenemende besoedeling en rommel in die land. In die jongste Afrobarometer peiling sê 67 persent van respondente dat besoedeling in die land ‘n ernstige kwessie is. Windhoek het reeds in Julie 2017 sy status as Afrika se skoonste stad verloor as gevolg van owerhede se onvermoë om afvalbestuur […]

Read More