Nog een vas in VBS Bank-skandaal

Die voormalige finansiële hoof van die Collins Chabane-munisipaliteit in Limpopo gaan na verwagting vandag in die Palm Ridge Spesiale Handelsmisdaadhof in Gauteng verskyn. ‘n Woordvoerder van die Valke, Thandi Mbambo, sê Eddi Makuma is verlede week aangekeer vir sy beweerde betrokkenheid in die onwettige belegging van sowat 120 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die VBS Mutual-bank:

Die saak het plaaslik baie belangstelling omdat die meer as 200 miljoen Namibiese dollar van die nou bankrot SME Bank na die VBS Bank oorgedra is.