Nog ‘n slag vir TransNamib – lokomotief brand

’n Brand het op een van die ou TransNamib-lokomotiewe naby Aus in die Karas-streek uitgebreek. Die maatskappy het in ‘n verklaring bevestig die brand het in die elektriese kompartement ontstaan van die lokomotief wat al meer as 50 jaar oud is. Niemand is tydens die voorval beseer nie. TransNamib sê hy het onmiddellik sy noodreaksie-plan geaktiveer en die brand is geblus.