ANC-verkiesingskongres vertraag oor nagaan van kwalifikasies

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die negende Oos-Kaapse verkiesingskonferensie afsluit. Die driedaagse konferensie sou gisteraand klaarmaak, maar die nagaan van afgevaardigdes se kwalifikasies het vertragings veroorsaak. Die politieke ontleder, Ongama Mtika, sê dit kan nie wees dat hekwagters steeds besluit wie aan ANC-konferensies deelneem nie: