Prokureur sê oor Tjombe se eis na ondersoek op Mariental

Mariental se gemeenskap is warm onder die kraag en eis geregtigheid vir die nege-jarige Hendrina Mupolo se dood. Hulle het ‘n optog op die dorp gehou nadat Johan Meyer wat daarvan aangekla is dat hy vir Hendrina by die Hardapskema doodgery het, op borgtog van 3 000 Namibiese dollar vrygelaat is. Die Namibiese menseregte-prokureur Norman Tjombe eis ondersoeke teen die ondersoekbeampte en die aanklaers wat by die saak betrokke is, om te verseker dat die saak behoorlik en korrek ondersoek word. Verskeie regslui, soos Kadhila Amoomo, het hul ontevredenheid oor die hantering van die saak uitgespreek.

Die familie het ook vir Tjombe genader om ‘n siviele saak teen Meyer aanhangig te maak en Amoomo sê dit kan in die hof slaag.