Rooftogte neem plaaslik toe

Daar was verskeie gewapende rooftogte oor die naweek en kenners meen soos ekonomiese druk toeneem sal die misdaad ook meer voorkom. Verskeie persone is beroof van hul beursies en selfone met rowers wat hulle met messe gedreig het. Daar was ook ‘n gewapende roof op Mariental en 33 200 Namibiese dollar se goedere is gebuit. In Windhoek het diewe toegang gekry tot die SOS Children’s Village in Luxury Hill en 20 000 dollar se rekenaars gesteel.