Angola stem vanjaar en dis belangrik vir ons almal in die streek

Angola gaan later vanjaar sy algemene verkiesings hou om parlementêre leiers en sy president te verkies. Met die nuwe ontwikkelings op die politieke front, asook die vorming van ‘n nuwe opposisie-koalisie, groei die Angolese se frustrasie met die regering. Angola is al vir ten minste vyf jaar in ‘n resessie en na verwagting gaan dit een van die mees mededingende verkiesings wees. Suid-Afrikaanse politieke kenner, Andre Duvenhage, sê dit is ‘n baie belangrike jaar vir Angola, maar ook vir die streek.