Volwassenes skryf eskamens vir seniorsertifikaat

Die Departement van Basiese Onderwys in Suid-Afrika is gereed vir die Mei/Junie-eksamens wat vandag begin. ‘n Totaal van 290 687 kandidate lê die eksamens vir die Nasionale Seniorsertifikaat- en die Seniorsertifikaat-kwalifikasie af. Die Senior Sertifikaatkandidate is volwassenes ouer as 21 wat ‘n minimum van Graad 7 voltooi het. Terence Khala van die departement sê hulle is vol vertroue dat die eksamens suksesvol afgelê sal word: