Dis Oorwinningsdag in Rusland

Duisende Russiese soldate, tenks en militêre voertuie paradeer vandag op Moskou se Rooiplein. Vegvliegtuie sal in lug dreun as deel van die jaarlikse Oorwinningsdagvieringe. Dit is die 77ste herdenking van die Sowjet-unie se oorwinning oor Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog. Sommige waarnemers meen die generaals wat gefrustreerd is met die gebrek aan vordering om Oekraïne in toom te hou, gaan die druk verhoog vir ‘n verskerping van die aanslag en dat president Vladimir Putin totale oorlog sal verklaar.