Deeltydse kandidate moet tot NSSCAS-vlak by skole toegelaat word

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat kandidate wat hul punte verbeter het deur deeltydse onderrigsentrums op die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak, en kwalifiseer om voltyds na Gevorderde Vlak te vorder, by skole toegelaat moet word. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn, verduidelik. Sy het ook bevestig die eskamenuitslae van die […]

Read More

DA bekommerd oor agterstand in hofstelsel oor seksuele misdrywe

Die DA het sy kommer uitgespreek oor ‘n onlangse verslag wat dui op skokkende syfers oor die agterstand in seksuele misdrywe in die hofstelsel. Werner Horn van die DA sê 15 605 seksuele misdryfsake moet nog afgehandel word. Horn sê byna die helfte van verkragtingsake wat in Suid-Afrika op die rol geplaas word, word teruggetrek […]

Read More

Rooikruis sê Covid-pandemie is nog nie oor nie

Die Internasionale Federasie van Rooikruis- en Rooi Halfmaan-verenigings sê baie lande verklaar dat die Covid-pandemie na twee jaar oor is, maar miljoene lewens is steeds in gevaar. Die president, Francesca Rocca, sê ‘n groot deel van die wêreld het nie die hoë inentingsdekking, sterk gesondheidsorgstelsels of toetsvermoë wat nodig is om ‘n “nuwe normaal” binne […]

Read More

Adjunkpremier gee terugvoering oor Namibiërs wat uit die Oekraïne terugkeer

Die Namibiese adjunk- eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag in die Nasionale Vergadering terugvoering gegee oor die Namibiese burgers wat uit die oorloggeteisterde Oekraïne gevlug en na Namibië teruggekeer het. Sy sê die Namibiese regering ondersteun dié Namibiërs. Sy het ook die platform gebruik om diegene aan te spreek wat glo goedkoop politieke punte wil […]

Read More

Oscar Pistorius se prokureur bekommerd oor sloer van sy parool

Oscar Pistorius se prokureur, Julian Knight, sê hulle is bekommerd oor die vertraging in die oorweging van die voormalige Paralimpiese atleet se geskiktheid om in aanmerking te kom vir parool. Pistorius is in November verlede jaar vanaf ‘n korrektiewe instelling in Pretoria oorgeplaas na ‘n tronk in Gqeberha in die Oos-Kaap, as deel van ‘n […]

Read More

DA in Gauteng vra vervoerminister vir verlenging van rybewyse

Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die minister van vervoer, Fikile Mbalula, om een finale verlenging te verskaf vir die geldigheid van rybewyse wat verval het tydens Covid-19 sodat Gauteng kan inhaal met sy agterstand. ‘n DA-lid, Fred Nel sê teen die einde van verlede maand het hulle benewens huidige rybewyse wat sal […]

Read More

Geweld en seksuele teistering teen vroue by die werkplek moet stop

Die Namibiese adjunk-arbeidskommissaris Kyllikki Sihlahla het vandag tydens die viering van Internasionale Vrouedag gesê vroue is die pilaar van enige samelewing. Die tema vir vanjaar se Vrouedag is “Die tyd is nou om teen geweld en seksuele teistering by die werkplek te veg”. Sihlahla was die gasspreker by die Nasionale Unie van Namibiese Werkers se […]

Read More

Shell onttrek uit Rusland

Die energie-reus Shell sê hy gaan sy betrokkenheid by Russiese gas en olie staak. Dit sluit in die aankope van ru-olie, wat onmiddellik gestaak word. Die maatskappy sê ook hy gaan sy diensstasies en lugvaartbrandstof- en smeermiddelbedrywighede in Rusland sluit. Intussen beskuldig Oekraïne Rusland van die skending van ‘n humanitêre deurgang wat daarop gemik is […]

Read More

Slegs een Covid-pasiënt in ‘n hoësorgeenheid

Die Namibiese gesondheidsministerie het tien nuwe Covid-gevalle uit 925 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,1 persent verteenwoordig. In die groep is vier leerders van verskillende skole. Altesaam 27 pasiënte is in hospitale en slegs een in ‘n hoësorgeenheid. Altesaam 21,3 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.

Read More

ANC gee aandag aan Zondo-ondersoek se jongste bevindings

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het bevestig die ANC gee tans aandag aan die situasie rondom die jongste bevindings van die Zondo-ondersoek waarin van sy prominente lede betrek is. Die bevindings in die verslag betrek die nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, en ‘n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee, Nomvula Mokonyane. Die ANC word jare reeds beskuldig […]

Read More