Carlos Alcaraz onttrek aan Italiaans Ope

Tennis: Die pasgekroonde kampioen van die Madrid Ope, Carlos Alcaraz het onttrek aan die Italiaanse Ope wat dié week in Rome gespeel word. Hy het ‘n enkelbesering opgedoen. Die Spanjaard, wat verlede week 19 geword het, maak groot opslae in die weke voor die kleinbaan-Grand Slam, die Franse Ope. Hy het vier spelers onder die top-tien geklop onderweg na die titel in sy land se hoofstad. Alcaraz het sy enkel geswik in die kwarteindstryd teen sy landgenoot Rafael Nadal. Die Franse Ope begin op 22 Mei in Parys.