Agribank werp alles in die stryd om geld in te vorder

Die uitstaande bedrag van 500 miljoen Namibiese dollar by die Agribank, is steeds in die nuus. Die bank het die afgelope paar jaar aansoeke vir verstekvonnisse gebring in die hoërhof maar meen dat die opveil van grond vir hom ‘n laaste opsie is. Agribank se kommunikasiebestuurder Rino Muranda, sê dit raak die bank se likiditeit…

Muranda voeg by dat alles in die stryd gewerp word om betalings in te vorder en met kliënte te onderhandel.