Planne onderweg om spoor-infrastruktuur in Gauteng te laat herleef

Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Funzela Ngobeni, sê baie werk moet nog gedoen word om die spoor-infrastruktuur te herstel. Dit gebeur terwyl planne gemaak word om die spoorweë in die provinsie te laat herleef. Ngobeni sê vennootskappe met die privaat sektor kan die planne ‘n hupstoot gee terwyl spoor-infrastruktuur in die stad ly onder diefstal en vandalisme.