DA-leier: Impak van Oos-Europese oorlog op SA gaan verwoestend wees

Die DA-leier John Steenhuisen sê die uitwerking van die oorlog in Oekraïne gaan verdere verwoestende gevolge vir Suid-Afrikaners inhou. Steenhuisen het gepraat ná sy besoek aan Oekraïne en sê die konflik sal waarskynlik die armstes die swaarste tref. Hy beklemtoon die kwessie van hoë oliepryse sal in die komende maande vererger.