Eskom maan beurtkrag kan vanaand ingestel word

Eskom waarsku beurtkrag kan vanaand ingestel word sou enige van sy eenhede probleme gee. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ‘n opwekkingseenheid sal na verwagting vandag by beide die Kusile- en Kendal-kragstasies in bedryf kom. Suid-Afrikaners word egter weer gevra om krag spaarsamig te gebruik, veral in die oggende vanaf vyf-uur tot nege-uur en van vier-uur die middag tot tien-uur die aand.