Helikopter ingespan om na vermistes in Visrivier-canyon te soek

Die ministerie van die omgewing en toerisme het ‘n helikopter saam met die polisie en mediese personeel uitgestuur om te help soek na die vermiste mense in die Visrivier-canyon. Volgens Namibia Wildlife Resorts se woordvoerder, Nelson Ashipala, is soekspanne tans besig om na ‘n groep van vier mense te soek. ‘n Noodsein is vier dae gelede van ‘n Suid-Afrikaanse egpaar van Franschoek, die 63-jarige Trevor Burger en sy 50-jarige vrou Samantha, se selfoon af gestuur na familie in Suid-Afrika maar ‘n soektog in die gebied het niks opgelewer nie.