Harmony Gold ondersoek dood van vier mynwerkers

Harmony Gold is besig met ‘n ondersoek na die dood van vier mynwerkers by die Kusasalethu-myn naby Carletonville in Gauteng die naweek. ‘n Muur het op die werkers ingesak terwyl hulle ‘n ondergrondse modderdam skoongemaak het. Die president van vakbond Amcu, Joseph Mathunjwa, doen ‘n beroep op die regering om die bedryf te reguleer om die welstand van werkers te verseker.