Max Homa wen vierde PGA-gholftitel

Gholf: Die Amerikaner Max Homa het sy vierde PGA-titel by die Wells Fargo-kampioenskap in Maryland opgeraap. Hy het sy landgenoot, Keegan Bradley, se foute uitgebuit om met twee houe te wen. Homa sluit nou aan by die Meesters-kampioen Scottie Scheffler, mede-Amerikaner Sam Burns, die Australiër Cameron Smith, en die 2021-Meesterswenner Hideki Matsuyama van Japan wat in die huidige seisoen meer as een PGA-toernooi gewen het. Homa sê hy is gelukkig dat hy ná ‘n paar terugslae weer goed speel.