Koningin loop parlementsopening mis
Buckingham-paleis het bevestig die koningin gaan vandag se parlementsopening misloop en die prins van Wallis sal haar toespraak namens haar voorlees. Die 96-jarige monarg het sedert sy die troon in 1952 bestyg het, dit elke jaar gedoen, behalwe in 1959 en 1963 toe sy swanger was met prins Andrew en prins Edward onderskeidelik. Die paleis […]
Namibiese damme is saam 83% vol
Namibiese damme is volgens NamWater se weeklikse dambulletin gesamentlik 83 persent vol, teenoor verlede se 86,5 persent die ooreenstemmende tydperk. Die Suide-damme is propvol met die Nautedam op 100 persent en die Neckartaldam op 99,5 persent. Altesaam 1,178 miljoen kubieke meter water is uit die Hardapdam vrygelaat wat nou 69,4 persent vol is. In die sentrale gebied is die Swakoppoortdam 92,3 persent vol met die Von Bachdam wat slegs […]
Stad Tshwane wen Innoverings-toekenning
Die Stad Tshwane het die 2021/2022 Suid-Afrikaanse Innoveringsliga se toekenning in die staatsektor gewen. Tshwane het sterk kompetisie gehad met aanspraakmakers, soos die Universiteit van Pretoria, die Padongelukkefonds, en talle ander. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê die toekenningsprogram word reeds agt jaar lank aangebied. Die doel is om organisasies erkenning te gee […]
Gardee-moordbeskuldigdes laat vaar borgaansoeke
Die saak teen drie beskuldigdes wat aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee is tot 9 Junie uitgestel. Al drie het vandag vlugtig in die landdroshof in Mbombela verskyn, waar hulle hul borgtogaansoeke laat vaar het. Sipho Mkatshwa, Philemon Lukhele en Mduzuzi Gama word aangekla van moord, verkragting, sameswering om moord te […]
Vulstasie-eienaars mag geen afslag vir brandstof gee
Die Namibiese ministerie van myne en energie maan vulstasise-eienaars dat brandstof slegs aan die publiek, kleinhandel-lisensiehouers, staatsinstellings, plaaslike owerhede of streeksrade uitgesluit, teen een van twee pryse aangebied moet word, naamlik die amptelike kleinhandelprys of groothandelprys. Enige groothandelaar of kleinhandelaar wat brandstof teen enige ander prys verkoop of afslag gee, oortree dus die wet.
Nampol bevestig Interpol help in Oman-mensehandelsaak
Die Namibiese polisie het bevestig Interpol staan hulle by in die opsporing van 26 Namibiërs wat in ‘n saak van mensehandel na Oman geneem is. Die groep is na bewering groot poste in die Midde-Ooste aangebied en moes groot bedrae geld betaal. Hulle is na Suid-Afrika vervoer en van daar na Oman. Volgens wat berig […]
Stad Kaapstad veroordeel brandstigting van Wallacedene-pompstasie
Die Stad Kaapstad veroordeel die brandstigtingsaanval en die vernietiging van die Wallacedene-rioolpompstasie wat oor die naweek plaasgevind het. Die informele gemeenskap staar reeds talle uitdagings in die gesig, soos ‘n oorbelaaide infrastruktuur weens vinnige en dikwels onbeheerde ontwikkeling en onwettige rioolverbindings. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê hierdie jongste aanval […]
Krieketlegende Hoosain Ayob gehuldig
Krieket: Die Suid-Afrikaanse sportgemeenskap bring hulde aan die legende Hoosain Ayob. Hy is die naweek na ‘n lang siekbed in Gqeberha in die Oos-Kaap oorlede. Die 81-jarige Ayob het gedien op die Suid-Afrikaanse Krieketbeheerraad en was vir een seisoen die bestuurder van die Leeus. Hy was ook ‘n afrigter en administrateur van Lenasia se krieketklub. Krieket Suid-Afrika het Ayob aangewys as een van Suid-Afrika se […]
GondwanaLand Geopark wil by Unesco se Globale Geoparke aansluit
Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, lei ‘n hoë vlak afvaardiging tot Donderdag na die GondwanaLand Geopark wat die gebiede van Spitzkoppe, Brandberg en Twyfelfontein insluit. Sy sal deur die adjunkminister van die omgewing, Heather Sibungo, parlementslede en goewerneurs vergesel word. Die doelwit van die besoek is om die gebied as ‘n nationale […]
Vier vermiste toeriste in Visrivier-canyon gevind
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se helikopter het die vier vermiste toeriste in die Visrivier-canyon opgespoor. Die helikopter is saam met die polisie en mediese personeel uitgestuur om te help soek na die vermiste toeriste. ‘n Noodsein is vier dae gelede van ‘n Suid-Afrikaanse egpaar van Franschoek, die 63-jarige Trevor Burger en […]