Gardee-moordbeskuldigdes laat vaar borgaansoeke

Die saak teen drie beskuldigdes wat aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee is tot 9 Junie uitgestel. Al drie het vandag vlugtig in die landdroshof in Mbombela verskyn, waar hulle hul borgtogaansoeke laat vaar het. Sipho Mkatshwa, Philemon Lukhele en Mduzuzi Gama word aangekla van moord, verkragting, sameswering om moord te pleeg, ontvoering en die besit van onwettige vuurwapens. Hulle het mediese behandeling gevra, omdat hulle sê hulle is in aanhouding gemartel. Gardee was die dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee.