Vulstasie-eienaars mag geen afslag vir brandstof gee

Die Namibiese ministerie van myne en energie maan vulstasise-eienaars dat brandstof slegs aan die publiek, kleinhandel-lisensiehouers, staatsinstellings, plaaslike owerhede of streeksrade uitgesluit, teen een van twee pryse aangebied moet word, naamlik die amptelike kleinhandelprys of groothandelprys. Enige groothandelaar of kleinhandelaar wat brandstof teen enige ander prys verkoop of afslag gee, oortree dus die wet.