Vier vermiste toeriste in Visrivier-canyon gevind

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se helikopter het die vier vermiste toeriste in die Visrivier-canyon opgespoor. Die helikopter is saam met die polisie en mediese personeel uitgestuur om te help soek na die vermiste toeriste. ‘n Noodsein is vier dae gelede van ‘n Suid-Afrikaanse egpaar van Franschoek, die 63-jarige Trevor Burger en sy 50-jarige vrou Samantha, se selfoon af gestuur na familie in Suid-Afrika. Nrupesh Soni van Namibia Travel and Tourism Forum sê aan Kosmos 94.1 Nuus twee van die toeriste is lig beseer.