Stad Kaapstad veroordeel brandstigting van Wallacedene-pompstasie

Die Stad Kaapstad veroordeel die brandstigtingsaanval en die vernietiging van die Wallacedene-rioolpompstasie wat oor die naweek plaasgevind het. Die informele gemeenskap staar reeds talle uitdagings in die gesig, soos ‘n oorbelaaide infrastruktuur weens vinnige en dikwels onbeheerde ontwikkeling en onwettige rioolverbindings. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê hierdie jongste aanval verhoog die gemeenskap se risiko van meer en selfs erger stelselfout.