GondwanaLand Geopark wil by Unesco se Globale Geoparke aansluit

Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, lei ‘n hoë vlak afvaardiging tot Donderdag na die GondwanaLand Geopark wat die gebiede van Spitzkoppe, Brandberg en Twyfelfontein insluit. Sy sal deur die adjunkminister van die omgewing, Heather Sibungo, parlementslede en goewerneurs vergesel word. Die doelwit van die besoek is om die gebied as ‘n nationale geopark te proklameer voordat dit by UNESCO se Globale Geoparke kan aansluit. Die senior geo-wetenskaplike van die departement van geo-Inligting en geologiese opname van die ministerie van myne, Josephine Uushona, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.