Koningin loop parlementsopening mis

Buckingham-paleis het bevestig die koningin gaan vandag se parlementsopening misloop en die prins van Wallis sal haar toespraak namens haar voorlees. Die 96-jarige monarg het sedert sy die troon in 1952 bestyg het, dit elke jaar gedoen, behalwe in 1959 en 1963 toe sy swanger was met prins Andrew en prins Edward onderskeidelik. Die paleis sê die koningin wou dit graag bywoon, maar sy sukkel om te beweeg.