Krieketlegende Hoosain Ayob gehuldig

Krieket: Die Suid-Afrikaanse sportgemeenskap bring hulde aan die legende Hoosain Ayob. Hy is die naweek na ‘n lang siekbed in Gqeberha in die Oos-Kaap oorlede. Die 81-jarige Ayob het gedien op die Suid-Afrikaanse Krieketbeheerraad en was vir een seisoen die bestuurder van die Leeus. Hy was ook ‘n afrigter en administrateur van Lenasia se krieketklub. Krieket Suid-Afrika het Ayob aangewys as een van Suid-Afrika se ses beste snelboulers van die eeu.