Namibiese damme is saam 83% vol

Namibiese damme is volgens NamWater se weeklikse dambulletin gesamentlik 83 persent vol, teenoor verlede se 86,5 persent die ooreenstemmende tydperk. Die Suide-damme is propvol met die Nautedam op 100 persent en die Neckartaldam op 99,5 persent. Altesaam 1,178 miljoen kubieke meter water is uit die Hardapdam vrygelaat wat nou 69,4 persent vol is. In die sentrale gebied is die Swakoppoortdam 92,3 persent vol met die Von Bachdam wat slegs 52,2 persent vol is.